Die Suid-Kaap Oumotorklub Erfenistoer 2019 bring hulde aan die deelnemende Borgward

Die Suid-Kaap Oumotorklub Erfenistoer 2019 bring hulde aan die deelnemende Borgward

GEORGE – Die Suid-Kaap Oumotorklub se jaarlikse Erfenistoer, trots ondersteun deur ReCollection Rides, vind vanjaar van 20 tot 24 September plaas.
Die SKOMK sluit George, Mosselbaai en Oudtshoorn in, maar het lede en verteenwoordigers so ver as Beaufort-Wes en Victoria Wes.
Japie en Willie van Rooyen het hul Borgward Isabella op 30 Augustus 2004 aangeskaf en is sedertdien baie gelukkig daarmee.
Dr Carel Borgward was een van die laaste onafhanklike vervaardigers wat sy droom om sy eie voertuie te skep, verwesenlik het. Die maatskappy is in 1890 gestig en het bestaan totdat dit in 1961 op kontroversieel wyse insolvent verklaar is.
Die handelsmerk is in die 21ste eeu herleef, en die Borgward Group AG, wat op Stuttgart gebaseer is, het motors ontwerp en bemark wat in China vervaardig is.
Borgward was gebaseer in Bremen, Duitsland. Alhoewel die fabriek tydens die Tweede Wêreldoorlog tot op die grond gebombardeer is, is dit herbou, hoofsaaklik as gevolg van die vasberadenheid van die eienaar.
Die maatskappy het voertuie van vier handelsmerke gebou; Hansa, Goliath, Lloyd en Borgward se Isabella vernoem na die Spaanse weergawe van die eienaar se vrou, Elizabeth.
Die produksie van die Borgward Isabella Coupé is in 1954 begin en die motor het in 1957 sy kommersiële buiging gemaak. Hierdie lae, kort dakkoepee word oor die algemeen beskou as die meesterstuk van Borgward. Vier modelle is met die hand gebou, waarvan een ‘n geskenk aan sy vrou was wie dit tot in haar tagtigerjare bestuur het.
Die maatskappy het in die laat vyftigerjare motorsport betree met ‘n reeks 16 klep, 1500 cc sportmotors. Hierdie enjins is tot 1961 suksesvol deur sommige privaat Formule Een spanne gebruik.
Alhoewel die maatskappy ‘n aantal tegniese innovasies soos outomatiese transmissies en lugvering gepioneer het, was dit moeilik om met die stygende mega-ondernemings soos Opel en Volkswagen mee te ding. Borgward het nooit baie aandag geskenk aan besparingsmaatreëls nie en toe hulle gehalteprobleme ondervind, was die skrif aan die muur.
Die Lloyd Arabella was byvoorbeeld ‘n watergekoelde boksermotor met voorwielaandrywing, innoverend vir sy tyd; maar dit het probleme ondervind met waterlekkasies en foute met die ratkas, al was dit duurder as sy mededingers.
Die maatskappy is in 1961 deur sy krediteure tot likwidasie gedwing. Tot sy dood in 1963 het dr Carl Borgward daarop aangedring dat die maatskappy solvent was, en sy mededingers van ‘n korporatiewe sabotasie wat deur die pers georkestreer is, beskuldig.
Hierdie bewering het geloofwaardigheid gekry deurdat al sy krediteure ten volle betaal is en dat daar by sy dood meer as 4,5 miljoen Deutschemarks in die besigheid oor was.
Besoek die Erfenistoer-webblad op die webblad van die Suid-Kaap Oumotorskou www.SCOCC.co.za en klik op Heritage Tour.