Die volgende Groot Trek mik na Hartenbos met skatte van ‘Toeka tot Nou’

Die volgende Groot Trek mik na Hartenbos met skatte van ‘Toeka tot Nou’

Mosselbaai, Tuinroete (Junie 2023) – Die Suid-Kaap Veteraantrekkerklub is trotse gashere vir die Wes-Kaapse Veteraantrekker-en-enjinklubskou, met die tema ‘Van Toeka tot Nou’, op 4 en 5 Augustus in Hartenbos.

Hierdie unieke byeenkoms van mense wat verlief is op meganiese werkesels van weleer, sal die naweek deurbring met trekkers wat oor die jare met sorg bewaar is, uitgestal saam met ‘n handjievol moderne modelle.

Die pragtige Hart & Bosch Village is die perfekte plek om hierdie vloot van spesiale masjiene, asook ander interessante boerderytoerusting, op die eerste Saterdag in Augustus af te wys.

En moet jou nie misgis nie – dié affêre is beswaarlik staties van aard. Nie net sal skougangers getrakteer word op uitstallings van trekkers en stilstaande enjins wat deur ons voorvaders op die plaas gebruik is nie, maar ook op die spyskaar is ‘n parade van 10+ veteraantrekkers wat op Vrydag 4 Augustus van Hart & Bosch Village na Midbrak en terug sal tjoep-tjoep.

Die luilekker konvooi sal verseker glimlagte bring vir motoriste wat langs Kusweg af ry, en sal ‘n besondere besienswaardigheid wees wanneer dit by Klein-Brakrivier se strand parkeer, voordat daar teruggekeer word na die Village vir die res van die naweek se jolyt.

Deelnemers verbonde aan die Suid- en Wes-Kaapse klubs gaan die aktiwiteite afskop met ‘n spanbou-ervaring, AJV en uitstallingsvoorbereidings op die dae wat die skou voorafgaan. Daar sal sonder twyfel trekkerverhale uitgeruil word en opgevang word met vriende laas gesien is by die vorige indaba van hierdie gespesialiseerde broederskap .

Kobus Kuyler, reeds 15 jaar lank ‘n trotse lid van die Wes-Kaapse Veteraantrekker-en-enjinklub, staan aan’t stuur van reëlings in die hartjie van die Suid-Kaap. Op die vraag ‘waarom Hartenbos?’ kom hy vinnig met verskeie goeie redes vorendag.

“Die plek is uitgeknip as deel van die groter Ikoniese Mosselbaai vir die geleentheid, en ons het ‘n doeltreffende span gereed om te verseker dat die skou ‘n dawerende sukses is. Ons het ferm verhoudings gesmee met die mense in beheer by Hart & Bosch, en ons geniet ondersteuning van alle uithoeke van die Mosselbaai-distrik.”

Kobus voeg by dat die plaaslike gemeenskap se volgehoue belangstelling – en veral die insae van afgetrede boere van oral langs die Tuinroete – die unieke Hartenbos-omgewing ‘n perfekte spilpunt maak vir die Wes-Kaapse Veteraantrekker-en-enjinklubskou.

Op ‘n vraag oor huidige belangstelling, al is dit meer as twee maande voor die saamtrek, sê Kobus terugvoer van Wes-Kaapse klubs dui op “sterk verbintenisse” tot die geleentheid.

As entoesiastiese uitstaller sê hy wat hom die mees opgewonde maak oor die komende skou se vele besienswaardighede, is die feit dat besoekers blootgestel sal word aan die wonderlike kombinasie van modelle wat uitgestal word, “van toeka tot nou!”

‘n Neutedop weergawe van die agenda op Saterdag 5 Augustus soos volg: Amptelike Skou-opening om 8vm. Teen 9vm word stilstaande werktuie met enjins op die perseel aan die gang gesit, en ‘n klein erfenis-uitstaltent is oop vir besoekers.

Teen 10-uur kom trekkers bymekaar in die Hart & Bosch Village-arena, voor die optog en bekendstelling van alle deelnemende masjiene, in kategorieë wat strek oor dekades tot die 1940’s en selfs vroeër.

Nadat wenners in elke klas hul trofeë ontvang het, sal Wes-Kaap VT&E-klubvoorsitter Johannes Uys die mikrofoon opneem, met Suid-Kaap VT&E-voorsitter Kobus Halliday wat die laaste woord sal spreek.

Lekker eetgoed en vermaak vir die jongspan word ook aangebied, en die dag sal afsluit met ‘n dans by Salt & Copper vanaf 6nm. Kontak Kobus Kuyler by kkuyler@pnp.co.za of 082 334 5665 vir verdere inligting.

Press release on behalf of Suidkaap Veteraan Trekkerklub:

interface by goji

mimi finestone | mimi@gojipr.net | +27 84 583 3144