Hulle koop en verkoop nie net motors nie – hul dra ook die George Oumotorskou!

Hulle koop en verkoop nie net motors nie – hul dra ook die George Oumotorskou!

George, Tuinroete (Januarie 2023) – Toe sy 25ste bestaansjaar laas jaar gevier is, het die silwer jubileum-uitgawe van die George Oumotorskou (GOCS) 2,000 enjins van ‘n asemrowende verskeidenheid oor twee dae vertoon. Nie minder nie as 8,000 besoekers het na Eden Tegniese Hoërskool opgeruk vir hul deel van die motoraksie, en vanjaar se geleentheid op 11 en 12 Februarie beloof ‘n ervaring wat geen selfrespekterende karkop sou waag om te mis nie.

Die datum vir GOCS 2023, wat as jaarlikse spogparade van die Suid-Kaap Oumotorklub dien, is verlede November tydens ‘n mediabekendstelling by Protea King George Hotel aangekondig. Enjinliefhebbers moet nou die tweede naweek in Februarie op hul kalenders aanteken, wanneer die skouterrein in Langstraat weer sal wemel van motors, motorfietse, trekkers en nog meer.

WeBuyCars is die voorbokvennoot van vanjaar se George Oumotorskou. Hoofbemarkingsbeampte Rikus Blomerus sê die maatskappy spog met baie uitstaande eienskappe, maar die beste van alles is die kultuur en bemanning agter hierdie ontluikende nasionale onderneming.

“Dit is ‘n wonderlike maatskappy om voor te werk, en almal wat betrokke is geniet die vinnige pas van groei. Ons koop en verkoop meer motors jaar-tot-jaar, en het gestyg van sowat 400 werknemers in 2017 tot ’n arbeidsmag van 2 600 vandag.” Blomerus voeg by dat die innovasie sentraal tot maatskappybeleid een van sy gunsteling kenmerke van WeBuyCars is. Hierdie beleid lei ook hul beplanning wanneer daar na nuwe markte landwyd uitgebrei word.

Maar hoekom betrokke raak in die relatief verafgeleë Suid-Kaap-streek? Volgens Blomerus koop WeBuyCars al vir baie jare voertuie in George, Mosselbaai, Hartenbos, Knysna en omliggende gebiede.

“Ons het sowat ses jaar gelede ’n voltydse koper in die George/Mosselbaai-omgewing aangestel, maar moes gou nog ’n paar aanstel om die toestroming van klante te hanteer. Ons WeBuyCars Buying Pod is oop en aktief by Garden Route Mall, en die plaaslike mark gons van motors wat in George gekoop en verkoop word.

“Die tempo waarteen voertuie in die Suid-Kaap verwerk word, is van die land se hoogste, wat dit een van die snelgroeiendste markte in Suid-Afrika maak. Ons beplan om die sakemodel wat vir ons werk in Gauteng en die Wes-Kaap, te gebruik om kliënte regdeur die Suid-Kaap en omstreke te bevoordeel,” sê hy.

Blomerus voeg by dat WeBuyCars ‘n handjievol liefdadigheids- en verdienstelike sake ondersteun, en baie aandag skenk aan die geleenthede wat hulle ondersteun. “Om onsself te belyn by die George Oumotorskou, was egter totaal voor die hand liggend.

“Albei handelsmerke deel ‘n passie vir motors, en alles wat met die motorbedryf verband hou; daar is onmiddellike sinergie. Daarbenewens kan ons betrokkenheid die plaaslike gemeenskap ondersteun. Ons is opgewonde en het wonderlike vooruitsigte vir ons vennootskap met GOCS vanjaar.”

Blomerus sluit af dat WeBuyCars daarop beoog om meer as net ‘n borg te wees; hulle wil vennote wees van hierdie seminale Suid-Kaap geleentheid in die ware sin van die woord. “Ons inkoop sal ons in staat stel om hierdie verhouding te ontwikkel en terug te gee aan die gemeenskap. Ons weet dit is die grootste oumotorskou van sy soort in Suid-Afrika en was geëerd toe ons genader is om betrokke te raak.”

Kom deel die passie vir motors saam met die Suid-Kaap Oumotorklub en WeBuyCars wanneer vanjaar se George Oumotorskou met ‘n spesiale fokus op Italiaanse motors byeenkom op 11 en 12 Februarie. Deelnemers en stalletjiehouers moet kennis neem dat die enigste manier om te registreer is deur www.scocc.co.za.

Besoek die GOCS Facebook-blad vir besonderhede en stuur ‘n e-pos aan dyndev@mweb.co.za of skakel 082 457 5675 met navrae. Neem asseblief kennis dat parkering by Carpe Diem Skool beskikbaar sal wees teen R20 per motor.