07 Feb Meer as ‘n duisend inskrywings vir dié naweek se George Oumotorskou
George, Tuinroete (Februarie 2023) – Suid-Kaap Oumotorklub se jaarlikse spoggeleentheid, George Oumotorskou (GOMS), het verlede jaar sy silwer jubileum-herdenking gevier, en liefhebbers van enjins oud en nuut word nou uitgenooi om die 26ste aanbieding van hierdie gewilde geleentheid op 11 en 12 Februarie by te woon. GOMS ‘23 word ruimhartig ondersteun deur WeBuyCars.
Die gronde van Eden Tegniese Hoërskool in Langstraat gaan Saterdag en Sondag wemel van motors, motorfietse, trekkers, en meer. Soos gewoonlik die geval sal ‘n oorvloed stalletjies verversings en produkte te koop aanbied, met vlooimarkgoetertjies wat uitgestal word langs ‘n verskeidenheid van warm en koue drankies en heerlike eetgoed.
Maar, sê GOMS-voorsitter Alewijn Dippenaar, daar is meer tersake by hierdie geleentheid as slegs ‘n goeie ou oumotorkop-opskop: “In hierdie uitdagende dae is dit belangrik om vir ‘n oomblik tot stilstand te kom en die wonderlike bydrae van ons motorbedryf van die verlede, hede en toekoms te bejeën.
“Die 2023 George Oumotorskou met trotse ondersteuning van We Buy Cars, wat vir die 26ste keer plaasvind, sal juis hierdie geleentheid bied: ‘n kans vir die publiek om weg te breek van alledaagse beproewinge en uitdagings. Sluit by ons aan op een of albei dae vir ‘n genotvolle naweekuitstappie in die teenwoordigheid van klassieke masjiene, en ‘n kykie na voertuie van die toekoms.”
Dippenaar sê buiten die normale GOMS-aanbiedinge kan skougangers ook uitkyk vir ’n paar spesiale afgebakende areas sodra hulle deur die hekke loop. Die vriendelike mense by Toerisme Kantore van regoor die streek sal produkte en dienste vertoon, en kyk ook sommer met die intrapslag uit vir ‘n spesiale Italiaanse uitstalling wat beloof om jou asem weg te slaan.
Neem asseblief kennis dat openbare parkeerplek slegs beskikbaar is by Carpe Diem Skool, oorkant Langstraat vanaf die Eden High-skougronde, en in die Unionstraat parkeerarea oorkant die korrektiewe dienste fasiliteit. Moet asseblief nie by die Checkers-sentrum in Yorkstraat parkeer nie, want dit versper plekke van klante wat besighede in die sentrum ondersteun.
Yorkstraat is ook buite perke wat toegang aanbetref, en die enigste openbare ingang is dus die Eden Hoër-hekke in Langstraat. ‘n Blinknuwe inisiatief versoek skougangers om skenkings van kat- en hondekos saam te bring om plaaslike troeteldierversorgingsentrums te ondersteun.
Vir meer inligting, besoek die Facebook-blad of die Suid-Kaap Oumotorklub se webwerf by www.scocc.co.za besoek. Kontak Alewijn Dippenaar by dyndev@mweb.co.za of by 082 457 5675 vir besonderhede.
Press release on behalf of Southern Cape Old Car Club:
interface by goji
mimi finestone | mimi@gojipr.net | +27 84 583 3144