MISSION

MISSION

Welcome to the Southern Cape Old Car Club (SCOCC). We are the organisation that represents the owners of vehicles of years gone by. Our home base is the beautiful Southern Cape with its scenic and interesting roads, its variety of tourist attractions and natural beauty.

 

For the old car enthusiast the Southern Cape is the ideal environment – a real “home” to the old ladies on whom so much time and effort is spent. Here you will still find people who stop in amazement to watch when they see an old car driving past. Here you can choose which direction to drive your beloved old car – whether it be the winding roads of the Outeniqua or Swartberg mountains, the coastal towns of the Garden Route, the ominous indigenous forest roads or the open stretches of the Karoo. Here you can inhale fresh air into your lungs and watch in amazement how the sun sets over the ocean or the mountains.

 

SCOCC members hail from George, Mossel Bay and Oudtshoorn, but also has members and representatives as far as Beaufort West and Victoria West. In this club, old car enthusiasts of all ages and vehicles find a home, from stationary engines that drove pumps long years ago, to veteran tractors, trucks and cars. Vehicles from each decade of the previous century are represented here. You and your beloved old vehicle will therefore feel at home with us.

 

With us you will definitely find something to suit your passion. You can choose from rallies and technical discussions, social evenings and outings and tours where you can drive your old car with pride through the natural beauty and nostalgia of the Southern Cape.

 

And then we also invite you to our “garage evenings” where we visit our members behind their garage doors, to get a closer glimpse into them and their passion.

 

We as a club realise how important our members are and we therefore acknowledge their descent, identity, preferences and culture, just as we acknowledge their preferences for old vehicles.

 

Everyone should feel at home and experience something worthwhile. Since its foundation in 1988, we acknowledge both Afrikaans and English cultures and do justice to both languages. This is our identity and we feel proud that it works for us.

 

The SCOCC is also home to and the organiser of the popular and well-known George Old Car Show. Proper organisation, a large variety of vehicles, as well as the natural beauty of this area ensure that the show annually attracts huge numbers of spectators and enthusiasts from all over the country. The George Old Car Show is indeed the show room of our club and its activities.

 

The SCOCC’s management is based on professional principles and the fact that our club is financially healthy, is evidence of dedicated management throughout the years.

 

Come and join the club and share your passion for old vehicles with us!

MISSIE

Welkom by die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK). Ons is die organisasie wat die eienaars van motors uit vergange se dae verteenwoordig. Ons tuiste is die pragtige Suid-Kaap met sy rustige en interessante paaie, sy verskeidenheid besienswaardighede en sy asemrowende natuurskoon.

 

Vir die oumotor-entoesias is die Suid-Kaap die ideale omgewing – ‘n ware tuiste vir die oues waaraan jy so hard gewerk het. Hier staan mense nog stil as ‘n ou voertuig verbydreun. 

 

Ja, hier kan jy kies waarheen jy met jou met-liefde- opgeboude voertuig wil ry – die kronkelpaaie van die Outeniqua- en Swartberge, die kusdorpe van die Tuinroete, die donker, onheilspellende woude of die oop vlaktes van die Karoo. Hier trek jy nog die vars lug diep in jou longe in en staan jy in verwondering wanneer die son oor die see of die berge sy kop uitsteek.

 

Die SKOMK sluit George, Mosselbaai en Oudtshoorn in, maar het lede en verteenwoordigers so ver as Beaufort-Wes en Victoria Wes. By ons vind oumotor-entoesiaste van vele ouderdomme en voertuie ‘n tuiste: van staande enjins wat in vervloë dae pompe getrek het tot veteraan trekkers, bakkies, vragmotors en motors. Binne ons geledere verteenwoordig ons elke dekade van die vorige eeu. Jy en jou geliefde voertuig sal daarom ook by ons welkom wees.

 

By ons sal jy ook iets vind om hierdie passie van jou te bevredig. Jy sal kan kies tussen tydrenne en tegniese besprekings, tussen lekker saamkuier-aande en lewendige uitstappies en toere, waar jy jou geliefde ryding deur die natuurskoon en die nostalgie van die Suid-Kaap met trots kan navigeer. En dan nooi ons jou ook na ons garage-aande waar ons agter die garagedeure van ons lede besoek aflê om hulle en hul passie van nader te leer ken.

 

Ons as klub besef maar te goed hoe belangrik ons lede is en ons erken graag hulle herkoms, identiteit, voorkeure en kultuur, net soos ons ook hulle voorkeure met ou voertuie respekteer. Almal moet tuis voel en iets ervaar wat vir hom of haar van waarde is. Reeds vanaf die stigting in 1988 gee ons erkenning aan beide die Afrikaans en Engelse kulture en laat ons reg geskied aan beide tale. Dit is ons identiteit, en ons is trots daarop dat dit vir ons werk.

 

Die SKOMK is ook die tuiste en aanbieder van die populêre George Oumotorskou. Goeie organisasie, ‘n groot verskeidenheid van voertuie en die pragtige natuurskoon van die gebied, lei daartoe dat die skou jaarliks groot getalle toeskouers en entoesiaste lok van regoor die land. Die George Oumotorskou is die vertoonlokaal van ons klub en sy aktiwiteite.

 

Die SKOMK word volgens professionele beginsels bestuur en die feit dat ons klub finansieel gesond is, getuig van toegewyde besture deur die jare. 

 

Kom sluit by ons aan en kom deel jou passie vir ou voertuie met ons!