The 25th George Old Car Show will take place in February 2022. 

The safety and health of our members and the public is paramount, and we believe that postponing the event is the responsible action to take.


Department of Health COVID-19 updates available at www.sacoronavirus.co.za


Die 25ste George Oumotorskou sal gehou word in Februarie 2022.

Die veiligheid van ons lede en die publiek is van uiterste belang en daarom glo ons dat die uitstel van die skou die regte en verantwoordelike besluit is.

Viertal Britse motors uit Knysna op skou

Die 22ste George Oumotorskou, trots ondersteun deur Oakhurst Versekeringsmaatskappy, vind op 10 – 11 Februarie 2018 plaas.

‘n Uitstalling van sowat 40 Brits-vervaardigde voertuie gaan in die hoofarena uitgestal word, en vier van Karl Reitz van Knysna se Britse motors sal deel vorm van die uitstalling. Dit sluit ‘n 1947 MG TC, ‘n 1958 MG A, ‘n 1928 3-liter Bentley, en ‘n 1916 Maxwell in.

“My belangstelling in veteraan- en noagmotors is geprikkel toe ek nog ‘n jong seun was,” vertel Karl, wat saam met sy vrou Tilly en hul kinders in Knysna woon. “My ouers was van die pioniers van die veteraanmotor-beweging en was stigterslede van die Crank Handle Club in Kaapstad.”

Karl se pa het in 1954 sy eerste motor opgebou. Dit was ‘n 1916 Maxwell, wat hy by die oorspronklike eienaar van Darling in die Wes-Kaap present gekry het. Die voertuig is steeds in die gesin se besit.

Volgens Karl is dié Amerikaanse voertuig gebou met die doel om as kompetisie vir die Ford Model T te dien. “Die 1916 Maxwell is een van die oorspronklikste voertuie in Suid-Afrika en is al talle kere tydens die George Oumotorskou uitgestal.”

Karl is ook die eienaar van ‘n 1943 Willy’s MB Jeep, wat sy pa jare gelede bekom het deur dit vir ‘n Desoto Airflow te verruil. “Soos wat dit met ‘n militêre voertuig gaan, het die een ook maar ‘n harde lewe gehad en sal binnekort heeltemal oorgedoen word.”

Die heel eerste ou motor wat Karl besit het, was ‘n 1931 Austin 7 Chummy, wat hy as ‘n skoolseun gekry het. “Ek het sowat 95% van die restourasiewerk self gedoen en besit dit steeds.”

Karl se tweede Britse voertuig wat hy daagliks gebruik, is ‘n oop, twee-deur 1958 MG A. Sy broer Fritz het die voertuig pragtig restoureer en gebruik dit gereeld.

Die eerste voertuig wat Karl gekoop het, is ‘n 1947 MG TC. Hy het die voertuig twee jaar gelede tydens ‘n internasionale Bentley-toer in Vryheid in KwaZulu-Natal gesien. Die voertuig is deur Harry Heinz restoureer, maar Harry se vrou het blykbaar vir hom ‘n ultimatum gestel om die voertuig te verkoop. Harry het toe maar die voertuig aan Karl verkoop met slegs 950 myl op die mylmeter sedert die voertuig oorgedoen is.

Die voertuig het al talle toekennings van die MG Klub in Natal ontvang. “Ek is trots om te kan sê dat die voertuig soos ‘n droom bestuur en ek het reeds 3 000 myl daarmee afgelê sedert ek dit bekom het.”

Karl gaan in Oktober2018 ‘n toer saam met ander TC-eienaars, wat aan die Knysna MG Klub behoort, aflê.

Net voor die Paasnaweek in 2017, het Karl ook die eienaar geword van ‘n 1928 3-liter Bentley. “Ek was al talle kere deel van die ondersteunende span tydens internasionale Bentley-toere in Suid-Afrika en Nieu-Seeland, maar ek het nog nooit ‘n Bentley besit nie.”

Omdat sy pa verskeie Bentley’s en Rolls Royces besit het, het hy met die voertuie grootgeword. Sy pa het onder meer ‘n 8-liter, 4-liter, drie 4.5-liter en ‘n R-tipe Bentley besit.

Die 1928 Bentley was al in die besit van verskeie Suid-Afrikaners. Die laaste van hulle was Ali van Jaarsveld, ‘n bekende gesig by die George Oumotorskou.

“Ali en haar man Kobus het voor sy dood duisende kilometer afgelê op Bentley-toere in die land, en dit was Kobus se wens dat ek die Bentley onder my sorg neem.”

Sedert die voertuig in Karl se besit is, het hy in 2017 twee toere onderneem en sowat 2 000 myl afgelê, en hy beplan ‘n toer van sowat 4 000 km vir 2018.

Die 2018 George Oumotorskou vind by die PW Botha Kollege plaas. Spesiale toegangskaartjies vir die naweek of dagkaartjies kan aanlyn bekom word by https://www.quicket.co.za/events/37471-2018-george-old-car-show-proudly-driven-by-oakhurst-insurance/#/

Slegs voertuie wat voor 1975 vervaardig is en wat geregistreer is, mag uitgestal word. Kontak Klaus Oellrich by 076 764 0897 vir meer inligting, of registreer op die webblad www.scocc.co.za