The 25th George Old Car Show will take place in February 2022. 

The safety and health of our members and the public is paramount, and we believe that postponing the event is the responsible action to take.


Department of Health COVID-19 updates available at www.sacoronavirus.co.za


Die 25ste George Oumotorskou sal gehou word in Februarie 2022.

Die veiligheid van ons lede en die publiek is van uiterste belang en daarom glo ons dat die uitstel van die skou die regte en verantwoordelike besluit is.

Gesogte Renault R8 Gordini by skou te sien

Die 22ste George Oumotorskou, ondersteun deur Oakhurst Versekerings-maatskappy, vind op 10 en 11 Februarie 2018 plaas.

Robert Huysamen van Bellville se Renault R8 Gordini is een van die spesiale voertuie wat tydens die skou uitgestal sal word.

“Mense wat in die 60’s en 70’s grootgeword het toe die Gordini nuut was, sal weet watter ikoon die motortjie op sy dag was – dit was elke ‘boy racer’ se droom om een te besit,” vertel Robert.

Die Renault R8 Gordini is as ‘n renmotor tussen 1964 en 1970 in Frankryk vervaardig, maar in verskeie ander lande aanmekaar gesit, onder meer by Rosslyn in Pretoria en in Oos-London. Daar is altesaam 11 607 vervaardig, waarvan net 311 van hulle hul weg na Suid-Afrika gevind het.

RenaultGordiniR8

 

“Die R8 Gordini was baie gesog en al wat ‘n jong, warmbloedige man was, wou een hê, maar die prys het hom buite bereik van meeste mense geplaas.” Destyds was die R8 Gordini sowat R1 000 duurder as die gewone Renault R8. “As ek reg onthou, het die R8 Gordini destyds R2 300 gekos, wat daardie jare baie geld was,” vertel hy.

Volgens Robert was die R8 Gordini gevorderd vir sy tyd en het onder meer gespog met ‘n 1255 cc masjien wat 77 kW  teen 6750 rpm ontwikkel het, ‘n 5-spoed ratkas, skyfremme op al die wiele, vier skokbrekers agter, en twee brandstoftenks.

“Die R8 Gordini het so goed gedoen op die renbaan omdat dit ‘n klein, ligte motor,met ‘n baie gewillige enjin en uitstekende padhouvermoë is, wat die opposisie laat les opsê het.”

  • Gordini dag 1 November 2014 016
  • Gordini dag 1 November 2014 023
  • IMG_0746
  • Jody Schecter R8
  • little-gordini-racing-through-the-hills-of-monte-carlo-back-in-1966

Die klein Franse motor het menige groter motors regoor die wêreld ‘n pak slae gegee. Baie van Suid-Afrika se beste renjaers het naam gemaak agter die stuur van die R8 Gordini. Dit sluit Suid-afrika se F1-kampioen Jody Scheckter in, asook Scamp Porter, Hennie Mostert en Geoff Mortimer, om enkeles te noem. “Die Gordini het wêreldwyd roem verwerf in al die motorsport klasse.”

Die voertuig was onder meer drie jaar opeenvolgend die wenner van die Tour de Course en het verskeie oorwinnings in die jaarlikse 9-uur Kyalami-uithouwedrenne behaal, asook talle ander wedrenne regoor die land en elders. “Die voertuie word vandag nog kompeterend gebruik in klasieke wedrenne regoor die wêreld, selfs die legendariese Classic Monte Carlo-tydrenne.”

Volgens Robert is die gesogte versamelaarsitem redelik skaars. “Daar het maar min van hulle Suid-Afrika toe gekom, en baie van hulle is opgebruik as renmotors. Mens sal vandag sowat R300 000 moet uithaal om ‘n mooi een in ‘n redelike toestand te bekom.”

Hy is baie trots op sy 1971 R8 Gordini, wat hy in 2011 bekom het. “Ek is die tweede eienaar. Die R8 Gordini kruip maar net onder ‘n mens vel in!”