The 25th George Old Car Show will take place in February 2022. 

The safety and health of our members and the public is paramount, and we believe that postponing the event is the responsible action to take.


Department of Health COVID-19 updates available at www.sacoronavirus.co.za


Die 25ste George Oumotorskou sal gehou word in Februarie 2022.

Die veiligheid van ons lede en die publiek is van uiterste belang en daarom glo ons dat die uitstel van die skou die regte en verantwoordelike besluit is.

Meesterlike modelmotortjies op skou

Die 22ste George Oumotorskou, trots ondersteun deur Oakhurst Versekeringsmaatskappy, vind op 10 – 11 Februarie 2018 plaas.

Soos elke jaar, sal daar weer ‘n uitstalling van meer as 5 000 modelmotortjies wees, waarvan die meerderheid te koop sal wees. Dit gee jong en oud die geleentheid om ‘n model-grootte motor wat sy eie, sy ouers of sy grootouers se motor van ouds in herinnering roep, aan te skaf.

Die uitstalling is ‘n groot treffer, ook onder kinders, wat dalk tot nadeel van hul ouers se beursies is!

Bunny Wentzel van Sportique Collectable Models in Johannesburg sal weer sy versameling by die skou uitstal en van die beste modelle ter wêreld, soos die CMC-reeks van Duitsland, te koop aanbied.

Die meegaande foto illustreer CMC se nuutste model, die Talbot Lago Coupé T150 C-SS “Teardrop” van 1937 – 1939, wat gebou is op ‘n skaal van 1:18 (18 x kleiner).

20171206 070137

Toe Talbot die Coupé vir die eerste keer in 1937 tydens die Paris Motor Show in Frankryk bekendgestel het, was almal dadelik gaande daaroor. Alles aangaande die fassinerende voertuig en elke klein besonderheid getuig van die diep, byna obsessiewe liefde vir perfekte ontwerp en meegaande toebehore. Die voertuig het ook ‘n metaal-sondak, iets wat ‘n mens deesdae selde teenkom.

Die luukse binneruim is afgerond met kunstig-gevormde hout en elegante leerafwerking wat ‘n gewaarwording van behaaglikheid teweegbring, terwyl die ses-silinder, inlyn-enjin met 140 tot 160 pk, afhangend van die model, besondere reisgenot verseker.

Die hoogtepunt van die eksklusiewe samewerkings-ooreenkoms wat Anthony Lago en die toe reeds internasionaal erkende Fransman Guiseppe Figone en sy vennoot Ovidio Falaschi in 1937 gesluit het, was die sogenaamde “Teardrop” Coupé, waarvan slegs 16 tussen 1937 en 1939 vervaardig is.

Vyf eenhede is in die eerste produksiereeks vervaardig en staan bekend as die “Jeancart”. Die tweede produksiereeks is in 1937 by die New York Auto Show bekend gestel en het 11 voertuie bevat wat eksklusief met die T 150 C-SS onderstel en ‘n kort wielbasis van 2 650 mm gebou is. Die reeks voertuie is in die geskiedenisboeke van Talbot-Lago opgeteken as die “New York Model” en daar is geringe verskille, wat in ‘n mindere of meerdere mate opsigtelik is, tussen die afsonderlike voertuie.

‘n Tipiese voorbeeld van hierdie subtiele verskille is die ontwerp van die hoofligte, wat òf vrystaande tussen die verkoelerrooster en die modderskerm monteer is, òf in die bakwerk versink en agter ‘n verchroomde metaalrooster beskerm is.

Anthony Lago en sy hoofingenieur Walter Brecchia was hul tyd ver vooruit wat tegnologie betref.

Die korter, ligte konstruksie van die T 150 C-SS onderstel is van besondere belang. Sommige tegnologies uitstaande kenmerke van die onderstel, sluit in die onafhanklike veerstelsel, ‘n Wilson 4-spoed “pre-selector” ratkas, uitstekende remme, en soos reeds genoem, ‘n ses-silinder enjin wat fluweelsag loop.

Die model op die foto is met die hand aanmekaargesit en bestaan uit 1488 individuele onderdele. Dit is presies volgens skaal vervaardig en is ‘n outentieke replika van die Talbot Lago Coupé.

Die model het ‘n funksionele metaal sondak (‘n eerste in die modelmotorbedryf), hoogs-gedetaileerde ses-silinder, inlyn-enjin (met drie vergassers, vonkpropdrade met materiaalinsulasie, en ‘n batteryrak kompleet met vleuelmoere, speekwiele met ‘n ligte allooi velling, perfekte vlekvrye-staal speke en aansluitstuk, en verwyderbare twee-vlerk sentrale sluitmoere, ‘n bagasieruim wat kan oopmaak om ‘n spaarwiel en leerbande te vertoon, ‘n lewensgetroue weergawe van die paneelbord met die instrumente en kontroles, vloermatte met omboorsel, leersitplekke wat kan platvou, ‘n ingewikkelde onderstel wat elke bout en skroef vertoon, remkabels, veelvuldige bladvere, hout-treeplanke, en dies meer, asook pragtige verfafwerking.

Dit is ‘n ware kunswerk en wat op ‘n haar na as skaalmodel, net soos die ware jakob lyk.

Talbot Lago Coupé:

Enjin: 3996 cc (± 4 liter) inlyn 6-silinder

Krag: 140 – 160 perdekrag (pk)

Topspoed 185 km/h

Aantal eenhede vervaardig: 16

Met dank aan Pierre Conradie, eienaar van ‘n groot CMC-versameling, vir die inligting wat hy verskaf het.

Kontak Ignatius Anker by 082 442 9875 vir meer inligting oor die uitstalling of om uitstalruimte te bespreek.

Die 2018 George Oumotorskou, aangebied deur die Suid-Kaap Oumotorklub, vind by die PW Botha Kollege plaas. Spesiale toegangskaartjies vir die naweek of dagkaartjies kan aanlyn bekom word by https://www.quicket.co.za/events/37471-2018-george-old-car-show-proudly-driven-by-oakhurst-insurance/#/

Veteraan-, noag- en klassieke motors wat voor 1975 vervaardig is en wat vooraf geregistreer is, mag uitgestal word. Kontak Klaus Oellrich by 076 764 0897 vir meer inligting, of registreer op die webblad www.scocc.co.za