The 25th George Old Car Show will take place in February 2022. 

The safety and health of our members and the public is paramount, and we believe that postponing the event is the responsible action to take.


Department of Health COVID-19 updates available at www.sacoronavirus.co.za


Die 25ste George Oumotorskou sal gehou word in Februarie 2022.

Die veiligheid van ons lede en die publiek is van uiterste belang en daarom glo ons dat die uitstel van die skou die regte en verantwoordelike besluit is.

Mercedes se ryk geskiedenis

Die 22ste George Oumotorskou, ondersteun deur Oakhurst Versekerings-maatskappy, vind op 10 en 11 Februarie 2018 plaas.

Mercedes Benz, die motormaatskappy met die kenteken van die kenmerkende driepunt ster, is simbool van kwaliteitmotors wat wêreldwyd erkenning geniet.

Die maatskappy het ‘n ryk en interessante geskiedenis wat oor dekades strek. Johan Lourens, voorsitter van die Mercedes Benz-klub in die Suid-Kaap, vertel meer oor die vroeë geskiedenis van Mercedes Benz.

Karl Benz het in Januarie 1886 die eerste voertuig met ‘n petrol-aangedrewe, binnebrandenjin, die Benz Patent Motorwagen (BPM), ontwerp en gepatenteer. Volgens Lourens is die BPM deur Bertha Benz gefinansier is.

  • Mercedes 2
  • Mercedes
  • Waldo Mercedes

‘n Replika van die BPM, een van slegs tien ter wêreld en wat behoort aan die Mercedes-Benz SA-fabriek in Oos-Londen, was die afgelope twee jaar een van die hoogtepunte by die George Oumotorskou.

Later in 1886 het Gottlieb Daimler en ingenieur Wilhelm Maybach ook ‘n motor ontwerp. “Die voertuig was basies ‘n perdekar met ‘n petrol-aangedrewe enjin.”

Die eerste Mercedes-voertuig is in 1901 deur die Daimler Motoren Gesellschaft (DMG) bekend gestel. Die volgende jaar (1902) het Emil Jellinek, ‘n motor-entrepreneur en sakeman wat betrokke was by DMG, die eerste Mercedes – sy dogter se naam – bekend gestel.

Dit was eers na die maatskappye van Karl Benz en Gottlieb Daimler in 1926 saamgesmelt het dat die bekende handelsmerk Mercedes Benz bekend gestel is.

Vandag is Mercedes Benz internasionaal bekend en die maatskappy vervaardig motors, busse, vragmotors, masjienerie en dies meer in verskeie lande. Mercedes-Benz SA vervaardig sedert 1955 ook voertuie in Suid-Afrika. Die W121, 190 Sedan, wat op 31 Januarie 1958 voltooi is, was die eerste voertuig wat hier vervaardig is. Tans word slegs die C-klas Mercedes-Benz hier gebou.

Mercedes is veral bekend vir die veiligheidsaspekte wat motors wêreldwyd veiliger maak. Hier is ‘n paar sulke voorbeelde:

  • Dit was die eerste moderne motor wat nie meer soos ‘n perdekar gelyk het nie
  • In 1924 is die eerste motor met remme aan al vier wiele gebou
  • In 1936 is die eerste diesel-aangedrewe passasiersvoertuig, die 260 D, gebou
  • Die eerste enjin met brandstofinspuiting, die Mercedes Benz 300 SL Gullwing, is ontwerp
  • In 1951 is die eerste Safety-Cell-konstruksie, waar die voor- of agterkant van die voertuig in ‘n ongeluk opfrommel, ontwerp. Dit was seker die grootste veiligheids-deurbraak in motorvervaardiging.

Ander veiligheidstoerusting soos Traction Control, ABS-remme, lugsakke, Elektroniese Stabiliteitsprogram (ESP) word ook al jare lank in Mercedes-produksiemotors gebruik.

Die 2018 George Oumotorskou vind plaas by PW Botha Kollege. Koop nou al jou kaartjies aanlyn op die webblad www.scocc.co.zaNaweekkaartjies is teen spesiale pryse beskikbaar.